Geologiese rekord

Rotsformasies wat ontbloot is in die Hoefyster-canyon in Alberta, Kanada
Strata wat skuins gedraai is deur aardkorskragte naby San Sebastián, Spanje

Die geologiese rekord in stratigrafie, paleontologie en ander natuurwetenskappe verwys na lae rotsstrata wat gevorm het vanweë vulkaniese uitbarstings of neerslae van klei, sand ens. Die geologiese rekord sluit in al die fossielinhoud en die inligting wat die strata bevat oor die Aarde se geskiedenis: die klimaat, geografie, geologie, evolusie van lewe en sy oppervlak. Grond- en vulkaniese neerslae word bo-op mekaar gevorm, hulle word mettertyd hard en vorm ’n soliede rotskolom, wat oor ’n lang tyd deur intrusie binnegedring en deur tektoniese aktiwiteite verwring kan word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search